11 SEP 06 - GRAAFF REINET & NIEU BETHESDA
Nieu Bethesda – al daarvan gehoor? Ok, die Uilhuis van Helen Maartens? Ja, die Uilehuis is op Nieu Bethesda – nee, ek weet ook nie hoekom hulle dit Nieu Bethesha noem nie, dit is so ‘n stokou dorpie sonder ‘n petrolpomp en ‘n kitsbank, ten minste 65 km van Graaff Reinet af! Maar dit het een aantrekkingskrag – die Uilehuis van Helen Maartens!
Helen Maartens is in 1898 in Nieu Bethesda gebore en het daar grootgeword. In haar vyftigerjare, na die dood van haar ouers, het sy weggespring en met gemaalde glas – botttels wat sy self gemaal het, en sement, het sy ‘n relatiewe armoedige Karoo huisie omgetower in ‘n wereld van uile, kamele en mense wat net in haar gedagtes bestaan het. As ‘n kluisenaar het sy voortgeswoeg vir ongeveer 25 jaar voordat sy as gevolg van gewrigsontsteking en swaksiendheid in 1876 selfmoord gepleeg het. Dood soos sy geleef het – onverstaanbaar en onverklaarbaar. Sy het defnitief iets nagelaat – al is dit net ‘n verbasende voorbeeld van een mens se skemerwereld en gedagtes. Vandag nog stroom die besoekers – selfs van oorsee, met daardie 65 km grondpad deur van die mooiste Karoo tonele om haar huisie van gemaalde glas en die kamele tuin te sien op Nieu Bethesda. Dit is eintlik weird om deur daai huisie te loop – is amper verkeerd om so in haar siel te kyk. Die mure, plafon, deure – alles is met gekleurde gemaalde glas bedek – selfs van die meubels en goed in die huis. Oral in die huis is sonne en kleur – die baie kerse en lampe in haar huisie moes op daardie glas die mees fantastiese patrone gemaak het. Buite is die hele buitekant/agterplaas vol van sement en glasbedekte beelde. Daar is iets van alles – vrouens wie se rokke van bottels gebou is wat ‘n man wat sit en kuier bedien, uile, uile, uile, kamele en nogmaals kamele. Kamele met ruiters, kamele met wyse manne, herders en skape – almal buig na ‘n teken wat sê: Ooste. ‘n Kloktoring met ‘n horlosie en mannetjies wat die wysers met toue vashou – ‘’passage of time’’. Spreuke en gesegdes kunstig uit bloudraad gemaak en in die sifdraadheining ingevleg – ag, te veel goed om op te noem. Party soorte is bymekaar, party sommer enige plek, amper nie plek om te loop nie. Dit was baie interessant, maar in ‘n mate ook onrustig.
Die grondpad soontoe is mooi en redelik in stand gehou – die padskrapers was juis besig op die pad toe ek daar deur is. Die omgewing is pragtig met baie waterstrome in daai harde Karoo en water in alles wat lyk soos ‘n dammetjie. Die dorpie is soos ek gesê het, ‘n dooie dorpie met niks – die Uilehuis is die enigste iets wat mense daarheen bring en moontlik ‘n werksgeleentheid of drie skep.
Met die terugkom in Graaff Reinet was die dorp toe tussen 13:00 en 14:00 en ek moes bietjie vasbyt voordat ek die Reinethuis kon gaan deur loop. Die huis wat seker een van die mooiste geboue is op Graaff Reinet, het die lewe begin in die omgewing van 1812 as pastorie vir die NG kerk. Die twee Murray dominees, Andrew en sy seun Charles wat hom opgevolg het, het vir ‘n totaal van 82 jaar daar gewoon. Moet nogal lekker wees om vir so ‘n lang tyd dominees met dieselfde van te hê – kan nie hul van vergeet nie. Die huis is in 1952 tot Historiese Monument verklaar. Die hele huis is met meubels en uitrusting van daardie tye uitgerus – groot deel van die kelders en waenhuise is gebruik vir ander – bottermaak, naaldwerk, vervoer, medies, ens van daardie tyd. Baie goed gedoen en baie mooi.
Daar is ook ‘n wingerdstok wat deur ds Charles Murruy in 1870 geplant is. Blykbaar was die wingerdsrok op sy dag die grootste te wêreld en het ‘n omvang van 2 ½ meter op ‘n hoogte van 1 ½ meter bo die grond gehad. Het egter op ‘n stadium in 1980 van die hout moes uitsny agv daai druif virus – die stok dra nog steeds jaarliks druiwe!
Was deur ‘n wapenmuseum ook – hulle het nogal heelwat wapens – natuurlik is die knopkierie en skild ook daar, maar hulle het nogal ‘n mooi versameling voorlaaiers en ou gewere van die Voortrekkers en selfs van voor dit. Ook pangewere.
Het laat middag probeer om ‘n beter foto van die kerk te kry as die vorige een – sal kyk hoe lyk hy.
Graaff Reinet is regtig ‘n mooi plek met baie geskiedenis – sal enigeen aanraai om vir ‘n dag of twee hier oor te staan!

0 Comments:
Post a Comment
<< Home